Ligstad StorieKos is ‘n netwerk gedrewe inisiatief , wat kwaliteit produkte, aan jou en ander in jou woonbuurt, teen ‘n bekostigbare prys , wil voorsien en aflewer. Hierdeur ondersteun ons ook die plaaslike besighede en boere .
Behalwe vir bogenoemde, gaan ‘n deel van die opbrengs ook ten bate van Ligstad Bellville, ‘n Christelike Organisasie (en nie-winsgewende maatskappy) , wat die gemeenskap, waarbinne ons woon en beweeg, deur middel van ‘n meer pro-aktiewe ontwikkeling van die gemeenskap, wil bemagtig en ophef.

Kies hier onder die relevante bestelvorm om van ons beskikbare produkte te bestel, vir aflewering ± 1 week na bestelling. Afleweringsbesonderhede sal met elke bestelling bevestig word. Die bankbesonderhede vir betalings sal ook daar verskyn. Enige bestellings, navrae en of ander inligting sal direk met my of Ebé bespreek kan word. Versprei asb. al ons inligting verder na julle eie kontakte en groepe en ondersteun so, nie net mekaar en die plaaslike ondernemings en boere nie, maar ook vir Ligstad.

Die “kosmandjie” sal vergroot soos wat ons groei.

By voorbaat dankie vir julle ondersteuning en hulp.

Niel en Ebé Badenhorst
083 268 4219 / 082 335 8879
storiekos.admin@ligstad.co.za


Ons produkte (Ons "Kosmandjie") sluit die volgende in:
(Let asb op dat daar 2 afsonderlike bestellingvorms is wat appart ingevul moet word)

Verskaffer Produk Foto
Langside Meats 'Grass-fed' beesvleis pakkette
Kraai Byeboerdery Suiwer heuning
Theuniskraal Olyf olie


Blue Shirt Bakery
Wraps, tortillas, rotis, pitas, pizza bases, waffles & biscuits